Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » gaar
gaar [boodskap #128008] So, 13 Oktober 2019 10:18
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gaar
Afbreking: gaar


Byvoeglike naamwoord: gaar
Vergrotende trap: gaarder
Oortreffende trap: gaarste
Attributief: gaar
Intensief: doodgaar

Betekenis:
• Klaar gekook, gebak of gebraai en net reg om geëet te word.
• Stukkend wees; gebreek.
• Baie moeg wees; futloos.

Gebruik:
• Kom eet, die kos is gaar. Hoe gaar wil jy jou biefstuk hê?
• Daai broek is gaar en vol gate.
• Ná die oefensessie was ons gaar gewees.

Spreekwoord:
• Die gort is gaar. [Daar is nou moeilikheid.]

Antoniem:
• rou

Vertaling:
Engels: cooked, done
Nederlands: gaar

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: gaaf
Volgende onderwerp: gans
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jul 07 03:27:34 MGT 2024