Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » fyn
fyn [boodskap #128004] So, 13 Oktober 2019 08:41
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
fyn
Afbreking: fyn


Byvoeglike naamwoord: fyn
Vergrotende trap: fyner
Oortreffende trap: fynste
Attributief: fyn
Intensief: piekfyn, haarfyn, ragfyn

Betekenis:
• Wat uit baie klein deeltjies bestaan; nie grof nie.
• Wat dun, smal en maer is; nie dik nie.
• So klein dat dit skaars raakgesien kan word; subtiel en nouliks waarneembaar; noukeurig en met detail.
• So sag dat 'n mens dit skaars kan hoor.

Gebruik:
• Kou jou kos fyn voordat jy dit insluk.
• Sy is 'n baie mooi en 'n fyn meisie.
• As mens hekel moet jy fyn stekies maak.
• Hy praat met 'n fyn stemmetjie.

Spreekwoord:
• Hy is fyn van nerf. [Baie fyngevoelig.]
• Iets fyn en flenters slaan. [Aan stukke slaan.]

Antoniem:
• grof
• dik

Afgelei:
• fynbesnaard
• fyndruk
• fynmaak
• fynkap
• fynkerf
• fynbos

Vertaling:
Engels: fine, delicate, refined
Nederlands: fijn

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: funksie
Volgende onderwerp: fynbos
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jul 07 04:04:00 MGT 2024