Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » funksie
funksie [boodskap #128003] So, 13 Oktober 2019 08:19
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
funksie
Afbreking: funk•sie


Selfstandige naamwoord: funksie
Meervoud: funksies
Verkleinwoord: funksietjie
Meervoud van verkleining: funksietjies

Betekenis:
• Doel, taak; die spesiale werk wat iets of iemand verrig.
• 'n Sosiale geleentheid of seremonie.
• (wiskunde) 'n Reël waardeur elke element van die definisieversameling met 'n element van die waardeversameling geassosieer word.
• (rekenaarwetenskap) Roetine in die bronkode van 'n program.

Gebruik:
• Elke speler in die span het 'n belangrike funksie om te vervul. Die funksie van die lugdraad is om radiogolwe te ontvang.
• Ons gaan môreaand 'n funksie in die kerksaal bywoon.
• Die funksie f(x) = 2x bepaal dat vir elke reële getal x die waarde dubbel die getal x is.
• Die ontwikkelaar het die funksie wat vir die fout verantwoordelik is geïsoleer.

Vertaling:
Engels: function, capacity, purpose
Nederlands: functie

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: formeel
Volgende onderwerp: fyn
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jul 07 02:58:32 MGT 2024