Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » fontein
fontein [boodskap #128001] So, 13 Oktober 2019 06:04
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Fontein.
'n Fontein.
fontein
Afbreking: fon•tein


Selfstandige naamwoord: fontein
Meervoud: fonteine
Verkleinwoord: fonteintjie
Meervoud van verkleining: fonteintjies

Betekenis:
• 'n Plek waar water vanself uit die grond spuit of borrel; 'n bron.
• 'n Dammetjie met water wat in die lug op spuit; kunswerk waarin water onder druk na buite spuit of syfer.
• (figuurlik) 'n Bron van geestelike krag, ens.

Gebruik:
• Bultfontein het sy ontstaan te danke aan 'n sterk fontein wat op die bult ontspring het.
• Ons gaan 'n waterpomp koop om 'n fontein voor ons huis te bou.
• Sing die lof van jou eie fontein, verheug jou oor jou eie vrou. [Spreuke 5:18]

Vertaling:
Engels: fountain, spring
Nederlands: bron, springbron

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: fluks
Volgende onderwerp: formeel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jul 07 02:56:50 MGT 2024