Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » fluks
fluks [boodskap #128000] So, 13 Oktober 2019 05:58
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
fluks
Afbreking: fluks


Byvoeglike naamwoord: fluks
Vergrotende trap: flukser
Oortreffende trap: fluksste
Attributief: flukse

Betekenis:
• Hardwerkend en nie lui nie.

Gebruik:
• Die kind is fluks en help graag in die kombuis.

Spreekwoord:
• Lui by die vak, maar fluks by die bak. [Stadige werker met 'n groot eetlus.]

Sinoniem:
• gewillig
• gretig
• hardwerkend
• kranig
• produktief
• vlytig
• werksaam
• ywerig

Antoniem:
• lui

Afgelei:
• fluksheid

Vertaling:
Engels: hardworking, willing
Nederlands: fluks


Bywoord: fluks

Betekenis:
• Baie vinnig en sonder aarseling; dadelik; spoedig.

Gebruik:
• Die seun maak die tuin fluks skoon.

Spelfout:
• vluks

Vertaling:
Engels: quick, brisk
Nederlands: fluks

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: fluitspeler
Volgende onderwerp: fontein
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jul 07 02:51:12 MGT 2024