Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » fluit
fluit [boodskap #127993] Sa, 12 Oktober 2019 11:21
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19533
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Fluitspeler.
'n Fluitspeler.
'n Fluitjie.
'n Fluitjie.
fluit
Afbreking: fluit


Selfstandige naamwoord: fluit
Meervoud: fluite
Verkleinwoord: fluitjie
Meervoud van verkleining: fluitjies

Betekenis:
• Musiekinstrument waarop 'n mens blaas om 'n klank voort te bring.
• Toestel met 'n skril klank om mense se aandag te trek.

Gebruik:
• Sy speel die fluit.
• Ons meneer gaan die fluitjie blaas wanneer ons rugby speel.

Hiponiem:
• blokfluit
• kwêlafluit
• panfluit
• penniefluit
• rietfluit

Vertaling:
Engels: flute; whistle
Nederlands: fluit


Werkwoord: fluit
Verlede tyd: het gefluit
Teenwoordige deelwoord: fluitende

Betekenis:
• 'n Fluit bespeel.
• Die geluid van 'n fluit voortbring.
• As skeidsregter optree.

Gebruik:
• Sy fluit in die orkes.
• Hy fluit vir die meisies op straat. Die voëltjies fluit in die bome.
• Wie fluit Saterdag se wedstryd?

Spreekwoord:
• Ek het 'n voëltjie hoor fluit. [n Gerug gehoor.]
• Hy fluit by die kerkhof. [Jouself moed en vertroue probeer inboesem.]
• Hy fluit op sy duim. [Teleurgesteld word, niks kry nie.]

Vertaling:
Engels: to whistle
Nederlands: fluiten

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: flits
Volgende onderwerp: sintetiseer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jul 08 18:21:08 MGT 2024