Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » flits
flits [boodskap #127992] Sa, 12 Oktober 2019 09:58
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19533
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Flits.
'n Flits.
flits
Afbreking: flits


Selfstandige naamwoord: flits
Meervoud: flitse
Verkleinwoord: flitsie
Meervoud van verkleining: flitsies

Betekenis:
• Lig wat in die hand rondgedra word; flitslig; handlig; werplig.
• Lig wat vinnig verskyn en dan weer verdwyn; kortstondige uitbarsting van lig of ander elektromagnetiese verskynsel.

Gebruik:
• Die flits se liggie is maar flou, miskien is sy batterye is pap.
• Die vuurtoring se flits kan van ver gesien word.

Vertaling:
Engels: flashlight, torch; flash
Nederlands: flits


Werkwoord: flits
Verlede tyd: het geflits
Teenwoordige deelwoord: flitsende

Betekenis:
• Helder skyn en dan weer verdwyn.

Gebruik:
• Die vuurtoring flits oor die water.
Flits hier dat ek kan sien wat aangaan.

Vertaling:
Engels: to flash
Nederlands: flitsen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: film
Volgende onderwerp: fluit
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jul 08 18:16:50 MGT 2024