Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » film
film [boodskap #127991] Sa, 12 Oktober 2019 08:49
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19533
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Film word teen 'n skerm geprojekteer.
'n Film word teen 'n skerm geprojekteer.
film
Afbreking: film


Selfstandige naamwoord: film
Meervoud: films
Verkleinwoord: filmpie
Meervoud van verkleining: filmpies

Betekenis:
• (kuns) 'n Opname van bewegende beelde wat 'n storie vertel; fliek, rolprent.
• Bewegende beeld wat op 'n medium vasgelê is.
• 'n Dun, oprolbare medium, sensitief vir lig, en waarop 'n kamera beelde vaslê.
• Uiters dun lagie.

Gebruik:
• "Doodkry is min" is my gunsteling film. Het jy al die nuwe Terminator-film gesien?
• Het jy die film op jou rekenaar gestoor?
• Met die koms van die digitale kamera het film grootliks in onbruik verval.
• Die film van olie op die water gee 'n reënboogeffek.

Hiponiem:
• speelfilm
• tekenfilm

Afgelei:
• filmakteur
• filmateljee
• filmbedryf
• filmfees
• filmheld
• filmkunstenaar
• filmmaatskappy
• filmmaker
• filmopname
• filmoteek
• filmprodusent
• filmprojektor
• filmresensie
• filmskool
• filmspan
• filmstel
• filmster
• filmvertoning

Vertaling:
Engels: film; movie; screen
Nederlands: film


Werkwoord: film
Verlede tyd: het gefilm

Betekenis:
• Om beelde op film vas te lê.

Gebruik:
• Ons film môre die laaste toneel.

Afgelei:
• verfilm

Vertaling:
Engels: to film
Nederlands: filmen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: gons
Volgende onderwerp: flits
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jul 08 17:59:14 MGT 2024