Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » fees
fees [boodskap #127984] Sa, 12 Oktober 2019 06:26
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19533
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Fees
'n Fees
fees
Afbreking: fees


Selfstandige naamwoord: fees
Meervoud: feeste

Betekenis:
• Geleentheid waar mense saam kom om iets te vier; 'n vreugdevolle of vermaaklike sosiale geleentheid.
• (figuurlik) Iets wat baie lekker of mooi is.

Gebruik:
• Ons gaan 'n fees vir my ma se tagtigste verjaarsdag reël.
• Dit was 'n fees om haar te hoor speel. Die bruid was 'n fees vir die oog.

Spreekwoord:
• Die een dag fees, die ander dag vas. [Spandabelrig wees.]

Sinoniem:
• joligheid
• party
• viering

Hiponiem:
• eeufees
• Kersfees
• musiekfees
• Nuwejaarsfees
• Paasfees
• pinksterfees
• volksfees

Afgelei:
• feesdag
• feesmaal
• feesprogram
• feestelik
• feesterrein

Vertaling:
Engels: feast, festival, party; treat
Nederlands: feest

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: familielid
Volgende onderwerp: feitlik
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jul 08 18:33:17 MGT 2024