Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ervaring
ervaring [boodskap #127977] Vr, 11 Oktober 2019 06:10
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19533
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ervaring
Afbreking: er•va•ring
Samestelling: ervaar + -ing


Selfstandige naamwoord: ervaring
Meervoud: ervaringe, ervarings
Verkleinwoord: ervarinkie
Meervoud van verkleining: ervarinkie

Betekenis:
• Iets wat met jou gebeur of gebeur het; 'n refleksie uit observasie en betrokkenheid by bepaalde prosesse of toestande.
• Kennis uit ondervinding; insig wat jy opgedoen het omdat jy iets meegemaak of self gedoen het.

Gebruik:
• Ons het 'n slegte ervaring by daai restaurant gehad.
• Hy het jare se ervaring met die herstel van motors.

Afgelei:
• lewenservaring
• liefdeservaring
• reiservaring
• sielservaring
• werkservaring

Vertaling:
Engels: experience
Nederlands: ervaring

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: ervaar
Volgende onderwerp: ete
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jul 08 18:42:27 MGT 2024