Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ent
ent [boodskap #127971] Do, 10 Oktober 2019 14:20
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18888
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ent
Afbreking: ent


Selfstandige naamwoord: ent
Meervoud: ente
Verkleinwoord: entjie
Meervoud van verkleining: entjies

Betekenis:
• Verwys na 'n afstand, stuk of gedeelte, soos 'n stuk van 'n pad of tou.
• Merk op die vel wat deur inenting gelaat is.
• (landbou) Vergroeide knoets of merk waar 'n tak geheg (geënt) is.

Gebruik:
• Hy is 'n ent oor die negentig jaar. Knoop die ente van die tou aan mekaar vas.
• Haar ent was 'n week na die tyd nog rooi gewees.
• Knip die tak bokant die ent af.

Spreekwoord:
• Aan die kortste ent trek. [Die slegste daarvan afkom.]

Homofoon
• end (die einde; waar iets ophou)

Hiponiem:
• agterent
• bo-ent
• koppenent
• voete-ent
• voetenent

Afgelei:
• enting
• entstof
• entmerk
• entplek

Vertaling:
Engels: way, length, distance; graft, inoculation, vaccination
Nederlands: ent


Werkwoord: ent
Verlede tyd: het geënt

Betekenis:
• (dierkunde) Handeling waartydens 'n mens of dier 'n entstof toegedien word.
• (plantkunde) Handeling om 'n tak op 'n ander te heg; die loot van 'n boom in die spleet van 'n ander inplant, sodat dit verder sal groei.

Gebruik:
• Is jou kinders al teen polio geënt?
• Sy was besig om haar rose te ent, toe sy deur twee mans oorval is.

Vertaling:
Engels: to graft, inoculate, vaccinate
Nederlands: enten

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: ensovoorts
Volgende onderwerp: entrepreneur
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 06:57:29 MGT 2024