Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » eier
eier [boodskap #127947] So, 06 Oktober 2019 20:26
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Eiers
Eiers
eier
Afbreking: ei•er
Uitspraak: /ˈəiər/, /ˈəɪ̯jər/


Selfstandige naamwoord: eier
Meervoud: eiers
Verkleinwoord: eiertjie
Meervoud van verkleining: eiertjies

Betekenis:
• (voeding) Dierlike voedsel met 'n dop en geel kern.
• (biologie) Kiemsel met sy omhulsels wat deur voëls, visse, ens. gelê word.
• 'n Ovaal, elliptiese, eiervormige voorwerp.

Gebruik:
• Wil jy 'n eier vir ontbyt hê?
• Die hoender het 'n eier gelê.
• Ons steek paaseiers in die tuin weg.

Spreekwoord:
• Hy loop rond soos 'n hen wat 'n eier wil lê. [Rusteloos rond en bont loop.]
• 'n Halwe eier is beter as 'n leë dop. [Iets gerings is beter as totaal niks.]
• 'n Eiewys hen lê die eier opsy. [Iemand wat nie na raad luister nie, begaan foute.]
• Die belofte is goed, maar die eend lê die eier. [Praat is nie belangrik nie, maar die doen van die saak.]
• Die haan kraai baie harder as die hen wat die eier gelê het. [Gesê van iemand wat hom lof aanmatig wat hom nie toekom nie.]
• Die hennetjie wat eerste gekekkel het, het die eier gelê. [Die persoon wat eerste gepraat het, is skuldig.]
• Dis beter om vandag die hoender te hê as môre die eier. [Iets wat jy het, is waardevoller as iets wat jy dalk kan kry.]
• Elke swart kraai dink sy eier is die witste. ['n Mens verbeel jou altyd jou eie goed is die beste.]

Meroniem:
• eierdop
• eiergeel
• eierwit

Hiponiem:
• duifeier
• hoendereier
• roereier
• slangeier
• viseier
• voëleier

Afgelei:
• eierklitser
• eiervormig
• neseier

Vertaling:
Engels: egg
Nederlands: ei
Xhosa: iqanda
Zoeloe: iqanda

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: eienskap
Volgende onderwerp: eina
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jul 07 00:41:51 MGT 2024