Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kelder
kelder [boodskap #127943] So, 06 Oktober 2019 17:00
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Wynkelder.
'n Wynkelder.
kelder
Afbreking: kel•der
Uitspraak: /ˈkɛl.dər/


Selfstandige naamwoord: kelder
Meervoud: kelders
Verkleinwoord: keldertjie
Meervoud van verkleining: keldertjies

Betekenis:
• 'n Ondergrondse bergruimte; ruimte onder 'n gebou waar goedere gebêre word, wyn koelgehou word, karre geparkeer word, ens.

Gebruik:
• Ons het in die winkelsentrum se kelder geparkeer.

Spreekwoord:
• 'n Kat in die kelder toemessel. ['n Kwaad toesmeer, maar nie verwyder nie.]

Antoniem:
• solder

Hiponiem:
• bierkelder
• drupkelder
• grafkelder
• wynkelder
• yskelder

Afgelei:
• keldertrap
• kelderverdieping

Vertaling:
Engels: cellar, basement, vault
Nederlands: kleder


Werkwoord: kelder
Verlede tyd: het gekelder

Betekenis:
• 'n Skip laat sink; na die kelder van die see stuur.
• (figuurlik) Vernietig; in die wiele ry.

Gebruik:
• Die duikboot het die skip gekelder.
• Toe kelder die swaar reën ons planne.

Vertaling:
Engels: to slump, sink
Nederlands: kelderen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: solder
Volgende onderwerp: spriet
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jul 07 01:06:44 MGT 2024