Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » eg
eg [boodskap #127939] So, 06 Oktober 2019 15:12
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Outydse eg waarmee landerye bewerk is.
'n Outydse eg waarmee landerye bewerk is.
eg
Afbreking: eg


Byvoeglike naamwoord: eg
Vergrotende trap: egter
Oortreffende trap: egste
Attributief: egte
Intensief: goudeg

Betekenis:
• Nie nagemaak, maar die regte ding; onvervals.
• Opreg en eerlik.

Gebruik:
• Die diamant is eg.
• Sy woorde is nie eg en opreg nie.

Antoniem:
• vals

Vertaling:
Engels: genuine, pure, real, thorough, regular, proper, legitimate
Nederlands: echt


Selfstandige naamwoord: eg
Meervoud:

Betekenis:
• Huwelik tussen man en vrou.

Gebruik:
• Hulle is in die eg verbind.
• Hy is buite die eg gebore.

Vertaling:
Engels: marriage, matrimony, wedlock
Nederlands: echt, huwelijk


Selfstandige naamwoord: eg
Meervoud: êe, egge

Betekenis:
• Toestel met tande om vore in die grond te maak om in te saai; plaaswerktuig wat soos 'n groot hark werk.

Gebruik:
• Die eg het gebreek.

Vertaling:
Engels: harrow
Nederlands: eg


Werkwoord: eg
Verlede tyd: het geëg, het geêe

Betekenis:
• Om geploegde grond gelyker te maak. Grond met 'n eg voorberei om te kan plant.

Gebruik:
• Hulle eg die land sodat hulle kan saai.

Vertaling:
Engels: to harrow
Nederlands: eggen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: effens
Volgende onderwerp: wiprooster
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jul 07 01:06:57 MGT 2024