Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » effektief
effektief [boodskap #127937] So, 06 Oktober 2019 08:00
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
effektief
Afbreking: ef•fek•tief


Byvoeglike naamwoord: effektief
Vergrotende trap: effektiewer
Oortreffende trap: effektiefste
Attributief: effektiewe

Betekenis:
• Doeltreffend en optimaal.
• Werklik; reëel.

Gebruik:
• Ons soek altyd na effektiewe metodes om produksie te verhoog.
• Die effektiewe vermoë van die apparaat is laer as wat op die doos vermeld word.

Sinoniem:
• doeltreffend

Antoniem:
• oneffektief

Afgelei:
• effektiwiteit

Vertaling:
Engels: effective; real
Nederlands: effectief

Nota:
Effektief moenie met affektief verwar word nie.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: eer
Volgende onderwerp: effens
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jul 07 00:53:23 MGT 2024