Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » eer
eer [boodskap #127936] So, 06 Oktober 2019 07:21
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
eer
Afbreking: eer


Werkwoord: eer
Verlede tyd: het geëer

Betekenis:
• 'n Persoon prys vir wat hy of sy gedoen het; iemand se prysenswaardigheid in die daglig stel; agting bewys; huldig.

Gebruik:
• Die gehoor eer hom met 'n langdurige applous.

Spreekwoord:
• Wie die kleine nie eer nie, is die grote nie werd nie. [As 'n mens nie spaarsaam is nie, kan jy nie verwag om baie te besit nie.]

Vertaling:
Engels: to honour, respect, reverence
Nederlands: eren


Selfstandige naamwoord: eer
Meervoud:
Verkleinwoord: eertjie
Meervoud van verkleining: eertjies

Betekenis:
• Aansien; agting; roem; erkenning; eerbetoon.

Gebruik:
• Hy kry baie eer vir sy werk.

Afgelei:
• eerbaar

Vertaling:
Engels: credit, honour, repute
Nederlands: eer


Voegwoord: eer

Betekenis:
• Voordat.

Gebruik:
• Dit het lank geduur eer ek sy grappe kon waardeer.

Spreekwoord:
• Besin eer jy begin. [Dink eers goed voor jy optree.]

Vertaling:
Engels: before
Nederlands: eer

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: eensaam
Volgende onderwerp: effektief
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jul 07 00:52:22 MGT 2024