Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » dwars
dwars [boodskap #127929] Sa, 05 Oktober 2019 14:55
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
dwars
Afbreking: dwars


Byvoeglike naamwoord: dwars
Vergrotende trap: dwarser
Oortreffende trap: dwarsste
Attributief: dwars

Betekenis:
• Van die een kant na die ander kant in die breedte deur; reghoekig tot die hoofrigting.
• Nie wil saamwerk nie.

Gebruik:
• Hy het dwars oor die rivier geswem.
• Sy is al weer dwars en wil nie luister nie.

Spreekwoord:
• Dit steek my dwars in die keel. [Dit wek teësin.]
• Hy het dit dubbel en dwars verdien. [In 'n baie hoë mate.]
• Hy is sommer net dwars teen die draad. [Weerbarstig.]
• Hy loop kruis en dwars. [Heen en weer.]
• Jou voet dwars sit. [Jou verset teen.]

Sinoniem:
• diagonaal
• oorkruis
• sydelings
• befoeterd
• balhorig
• hardkoppig
• koppig
• stuurs
• weerbarstig

Antoniem:
• vertikaal
• gedwee

Afgelei:
• dwarsdeur
• dwarshout
• dwarspen
• dwarsjuk

Vertaling:
Engels: cross, transversal, diagonal; stubborn
Nederlands: dwars

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: dun
Volgende onderwerp: dwarsdeur
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jul 07 01:27:40 MGT 2024