Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » dun
dun [boodskap #127928] Sa, 05 Oktober 2019 14:42
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
dun
Afbreking: dun


Byvoeglike naamwoord: dun
Vergrotende trap: dunner
Oortreffende trap: dunste
Attributief: dun
Partitief: duns
Intensief: papierdun, plankdun, haardun, kraakdun

Betekenis:
• Van geringe dikte; iets wat smal is of iets/iemand wat maer is.
• Baie vloeibaar; waterig.
• Ver uit mekaar uit.

Gebruik:
• Die dun mannetjie het 'n diep stem.
• Die soep was baie dun omdat die kok te veel water bygegooi het.
• Sy hare daar nou baie dun.

Spreekwoord:
• Dis maar dun gesaai. [Dis skaars.]
• Hy is op dun ys. [In gevaar verkeer.]
• Deur dik en dun by hom staan. [In alle omstandighede.]
• Baie varke maak die spoeling dun. [Waar baie is, kry elkeen 'n bietjie.]

Vergelyking:
• so dun soos 'n plank

Antoniem:
• dik
• dig

Vertaling:
Engels: thin, slender; runny; sparse
Nederlands: dun

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: duiwel
Volgende onderwerp: dwars
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jul 07 01:00:04 MGT 2024