Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » duiwel
duiwel [boodskap #127927] Sa, 05 Oktober 2019 13:59
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die aartsengel se oorwinning oor die duiwel, 1518.
Die aartsengel se oorwinning oor die duiwel, 1518.
duiwel
Afbreking: dui•wel


Selfstandige naamwoord: duiwel
Meervoud: duiwels
Verkleinwoord: duiweltjie
Meervoud van verkleining: duiweltjies

Betekenis:
• 'n Slegte gees; personifikasie van die kwaad; satan.
• 'n Persoon wat hom baie sleg gedra.

Gebruik:
• Die duiwel sit al weer agter sy oor.
• Daardie seun is 'n regte duiwel.

Spreekwoord:
• Die duiwel sal jou ry. [Jy sal swaar kry.]
• Die duiwel sit agter sy nek. [Hy is nukkerig.]
• Te dom om voor die duiwel te dans. [Baie dom wees.]
• Loop of die duiwel agter jou is. [Baie vinnig loop.]
• So bang soos die duiwel vir 'n sluipsteen. [Baie bang.]
• Agter geld soos die duiwel agter 'n siel aan. [Baie geldgierig.]
• Gee die duiwel wat hom toekom. [Gee elkeen die deel wat hom toekom.]
• Vir geld kan 'n mens die duiwel laat dans. [Met geld kan 'n mens enigiets doen.]
• Ledigheid is die duiwel se oorkussing. [As 'n mens niks te doen het nie, kom hy in allerlei versoekings.]
• As die duiwel oud word, gaan hy onder die preekstoel sit. [As 'n roekelose persoon oud word, raak hy vroom.]
• Jy dink jy het 'n engel aan die vlerk en jy het 'n duiwel aan die stert. ['n Mens moet glad nie na die uiterlike oordeel nie.]
• Luiheid is die duiwel se oorkussing. [As 'n mens niks te doen het nie, kom hy in allerlei versoekings.]
• Praat van die duiwel, dan trap jy op sy stert. [Gesê van 'n persoon wat bespreek word en dan juis inkom.]
• Stille waters, diepe grond, onder draai die duiwel rond. [Swygsame mense verras jou dikwels; 'n sedige voorkoms is bedrieglik.]
• Van 'n engel 'n duiwel maak. ['n Vreedsame mens so terg dat hy woedend word.]
• Vir geen duiwel stuit nie. [Jou deur niemand laat keer of van jou voorneme laat afsien nie.]
• Wie met die duiwel uit een skottel eet, 'n lang lepel hê. [Wie met slegte mense sake doen, moet verwag om gekul te word.

Antoniem:
• engel

Afgelei:
• beduiwel
• duiwelaanbidder
• duiwelbesweerder
• seeduiwel

Vertaling:
Engels: devil
Nederlands: duivel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Vr, 05 Julie 2024 08:51]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: duisendpoot
Volgende onderwerp: dun
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jul 07 00:13:19 MGT 2024