Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » duim
duim [boodskap #127925] Sa, 05 Oktober 2019 12:51
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Duim in die lug.
Duim in die lug.
duim
Afbreking: duim


Selfstandige naamwoord: duim
Meervoud: duime
Verkleinwoord: duimpie
Meervoud van verkleining: duimpies

Betekenis:
• (anatomie) Dik vinger met twee litte. Die vinger langs die wysvinger wat effens weg van die ander vingers af staan.
• (eenheid) 'n Ou imperiale lengtemaat.

Gebruik:
• 'n Mense se duim het twee lede en kan langs en teenoor elk van die ander vingers geplaas word.
• 'n Engelse duim is 2,54 cm, maar die Amsterdamse duim is 2,573 cm lank.

Spreekwoord:
• Hou jou duim vas. [Hoop dat iemand suksesvol is.]
• Hy fluit op sy duim. [Teleurgesteld word, niks kry nie.]
• Hy gooi duim. [Ryloop, bedel 'n rit.]
• Hy hou sy duim op my keel. [Iemand volkome beheer.]
• Iemand om jou duim draai. [Iemand maklik beïnvloed.]
• Iemand onder die duim hê. [Iemand oorheers.]
• Tussen vinger en duim wegraak. [Onopgemerk wegsluip.]
• Uit jou duim suig. [Iets self versin.]
• Vir iemand duim vashou. [Graag wil hê dat iemand sukses moet behaal.]

Afgelei:
• duimspyker
• duimstok

Vertaling:
Engels: thumb; inch
Nederlands: duim

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: duik
Volgende onderwerp: duisendpoot
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jul 07 01:23:23 MGT 2024