Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » duik
duik [boodskap #127924] Sa, 05 Oktober 2019 10:34
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Swemmers wat in die swembad induik.
Swemmers wat in die swembad induik.
duik
Afbreking: duik
Uitspraak: /dœi̯k/


Selfstandige naamwoord: duik
Meervoud: duike
Verkleinwoord: duikie
Meervoud van verkleining: duikies

Betekenis:
• Handeling om met die kop na onder deur water of lug te beweeg.
• Blitsig met uitgestrekte arms deur die lug trek om iets te vang, iemand grond toe te dwing of onder iets in te beweeg.
• Vervorming van 'n oppervlak wat 'n holte laat; merk of laagte waar iets gestamp is.

Gebruik:
• Die simptome van borrelsiekte word soms eers 'n ruk na die duik waargeneem.
• Die rugbyspeler voer 'n skitterende duik uit.
• Die motor se modderskerm het 'n duik in.

Afgelei:
• duikboot
• duikbril
• duiker
• duikplank
• duikskool
• duiksport
• duikweg

Vertaling:
Engels: dive; tackle; dent
Nederlands: duik; deuk


Werkwoord: duik
Verlede tyd: het geduik
Teenwoordige deelwoord: duikende

Betekenis:
• Met jou kop na benede deur water of lug beweeg.
• Blitsig met uitgestrekte arms deur die lug trek.
• Vervorming van 'n oppervlak wat 'n holte laat.

Gebruik:
• Ons gaan die naweek duik, kom jy saam?
• 'n Rugbyspeler kan sy opponent duik of op die bal duik om 'n drie te druk.
• Moenie die blik duik nie.

Afgelei:
• induik
• opduik
• onderduik
• ontduik

Vertaling:
Engels: to dive
Nederlands: duiken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: duif
Volgende onderwerp: duim
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jul 07 01:16:41 MGT 2024