Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » droog
droog [boodskap #127918] Sa, 05 Oktober 2019 07:47
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Droë grond.
Droë grond.
droog
Afbreking: droog


Byvoeglike naamwoord: droog
Vergrotende trap: droër
Oortreffende trap: droogste
Attributief: droë
Partitief: droogs
Intensief: kurkdroog, horingdroog

Betekenis:
• Sonder water of vloeistof; nie meer nat nie (soos as dit nie reën nie).
• Nie klam of vogtig nie.
• Baie vervelig; saai.
• Wyn wat nie soet is nie.

Gebruik:
• Is jou bas droog? Dit het nie gereën nie en die damme is droog.
• Die koek proe bietjie droog.
• Die onderwyser se klasse is maar droog.
• Die rooiwyn is baie droog.

Spreekwoord:
• Hoog en droog daar sit. [Sonder om aan iets deel te hê.]
• Hy is nog nie droog agter sy ore nie. [Nog baie jonk, onervare.]
• Jy moet jou kruit droog hou. [Jou goed voorberei vir die stryd.]
• Sy klawer is droog. [Iemand kan nie sing nie.]
• Nog nie nat of droog oor my lippe gehad nie. [Nog niks geëet of gedrink nie.]

Antoniem:
• nat
• klam

Afgelei:
• droogbaan

Vertaling:
Engels: dry, arid
Nederlands: droog

Druiwe word gedroog.
Druiwe word gedroog.

Werkwoord: droog
Verlede tyd: het gedroog

Betekenis:
• Om uit te droog; vog te verwyder of te laat verdamp.

Gebruik:
• Hulle droog perskes in die son.

Vertaling:
Engels: to dry
Nederlands: drogen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: driehoek
Volgende onderwerp: droë
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jul 07 00:14:39 MGT 2024