Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » draad
draad [boodskap #127914] Sa, 05 Oktober 2019 06:15
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Doringdraad
Doringdraad
draad
Afbreking: draad


Selfstandige naamwoord: draad
Meervoud: drade
Verkleinwoord: draadjie
Meervoud van verkleining: draadjies

Betekenis:
• 'n Heining.
• 'n Lang, dun, buigbare materiaal (van metaal, wol, gare, ens).
• Die verloop in 'n boek of fliek; verhaallyn.

Gebruik:
• Die kinders klouter oor die draad.
• Die diewe het die alarm se draad geknip.
• Ek het die storie se draad verloor.

Spreekwoord:
• Hy is baie kort van draad. [Humeurig.]
• Die arme man kou draad. [Hy kry swaar.]
• Sy sit op die draad. [Sy kies nie kant nie.]
• Hy is kort van draad. [Hy word gou kwaad.]
• Sy is sommer net dwars teen die draad. [Weerbarstig.]
• Hy het nie 'n draad om aan te trek nie. [Geen klere hê nie.]
• Sy het 'n draad vir elke naald. [Elke keer 'n gepaste antwoord gee.]
• Sy draad moet geknip word. [Hom van iets weerhou; sy plan laat misluk.]

Hiponiem:
• doringdraad
• geleidraad
• koperdraad
• staaldraad
• wasgoeddraad

Afgelei:
• draadloos
• langdradig

Vertaling:
Engels: wire; fence; plot
Nederlands: draad

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: teel
Volgende onderwerp: draadkar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jul 07 01:12:11 MGT 2024