Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » teël
teël [boodskap #127912] Sa, 05 Oktober 2019 05:38
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Teëls, gereed vir aflewering.
Teëls, gereed vir aflewering.
teël
Afbreking: te•ël


Selfstandige naamwoord: teël
Meervoud: teëls
Verkleinwoord: teëltjie
Meervoud van verkleining: teëltjies

Betekenis:
• 'n Plat, meestal reghoekige voorwerp van klei wat gebruik word om oppervlaktes te bedek en te versier.

Gebruik:
• Om teëls mooi te laat blink, gooi 'n bietjie paraffien by die water waarmee hulle afgewas word.

Afgelei:
• teëldak
• teëler
• teëlvloer
• teëlwerk

Vertaling:
Engels: tile
Nederlands: tegel


Werkwoord: teël
Verlede tyd: het geteël

Betekenis:
• 'n Vloer of muur met teëls oordek.

Gebruik:
• Die bouer teël die badkamer.

Vertaling:
Engels: to tile
Nederlands: tegelen

Nota:
• Moenie "teël" met "teel" (sonder deelteken) verwar nie.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: dors
Volgende onderwerp: teel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jul 07 01:03:12 MGT 2024