Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » dop
dop [boodskap #127910] Vr, 04 Oktober 2019 18:49
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
dop
Afbreking: dop


Selfstandige naamwoord: dop
Meervoud: doppe
Verkleinwoord: doppie
Meervoud van verkleining: doppies

Betekenis:
• Harde omhulsel om 'n voorwerp; buitenste beskerming van iets soos 'n skilpad of saad.
• Prop wat 'n bottel toemaak (meestal as verkleinwoord).

Gebruik:
• Mens moet die eier se dop afhaal voordat jy dit eet.
• Sit die bottel se doppie op as jy klaar is.

Spreekwoord:
• Hy is skaars uit die dop. [Jonk en onervare.]
• Sy kruip in haar dop. [Nie vrymoedig optree nie.]
• Hy is in sy dop gepik. [Half onnosel of mal wees.]
• 'n Halwe eier is beter as 'n leë dop. [Iets gerings is beter as totaal niks.]

Hiponiem:
• eierdop
• neutedop

Vertaling:
Engels: shell, cover; cap, top
Nederlands: dop


Werkwoord: dop
Verlede tyd: het gedop

Betekenis:
• Nie slaag nie; onder die standaard meet.
• Die verwydering van doppe, soos met peulgewasse.

Gebruik:
• Hy het so amper die toets gedop.
• Die een dop boontjies terwyl die ander aartappels skil.

Antoniem:
• slaag

Vertaling:
Engels: to fail
Nederlands: doppen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: dooie
Volgende onderwerp: dors
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jul 07 00:46:55 MGT 2024