Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » dooie
dooie [boodskap #127909] Vr, 04 Oktober 2019 18:20
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
dooie
Afbreking: dooie


Selfstandige naamwoord: dooie
Meervoud: dooies
Verkleinwoord:

Betekenis:
• Iemand wat dood is; lyk van 'n oorledene.

Gebruik:
• Ná die veldslag moes die troepe al die dooies begrawe.

Vertaling:
Engels: dead, deceased
Nederlands: dode


Byvoeglike naamwoord: dood
Vergrotende trap: dooier
Oortreffende trap: dooiste
Attributief: dooie
Partitief: doods
Intensief: morsdood

Betekenis:
• Soos of betreffende iets of iemand wat dood is.

Gebruik:
• Ons dooie hond is waardig begrawe.

Spreekwoord:
• Dit het 'n dooie punt bereik. [Nie in staat om voort te gaan nie.]
• Jou oor 'n dooie mossie verheug. [Bly wees oor iets onbeduidens.]
• Jou oor 'n dooie rot verheug. [Jou oor 'n nietige ding verheug.]
• Liewer bang Jan as dooie Jan. [Liewer versigtig/lafhartig as dood.]
• Liewer 'n lewendige hond as 'n dooie leeu. [Dis beter om versigtiger te wees as om jou aan gevare bloot te stel.]

Antoniem:
• lewende

Vertaling:
Engels: dead
Nederlands: dode

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: onkundiges
Volgende onderwerp: dop
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jul 07 01:18:35 MGT 2024