Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kamer
kamer [boodskap #127907] Vr, 04 Oktober 2019 16:01
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Kamer in 'n huis.
'n Kamer in 'n huis.
kamer
Afbreking: ka•mer
Uitspraak: /ˈkɑː.mər/


Selfstandige naamwoord: kamer
Meervoud: kamers
Verkleinwoord: kamertjie
Meervoud van verkleining: kamertjies

Betekenis:
• Vertrek in 'n gebou (soos 'n huis); ruimte wat deur mure afgeskei is, 'n eie funksie het en kleiner is as 'n saal.
• Afgeslote ruimte wat aan 'n kamer herinner (soos 'n hartkamer of grotkamer).
• (juridies) Onderdeel van 'n regsprekende orgaan wat oor bepaalde sake beslis.

Gebruik:
• Gaan na jou kamer toe. Ná hulle geen kamer by die herberge kon vind nie, het hulle in 'n stal oorgeslaap.
• Hy ken die diepste, donkerste kamers van jou hart.
• Die kamer bestaan uit drie regters wat gesamentlik meer ingewikkelde sake behandel.

Sinoniem:
• vertrek

Hiperoniem:
• ruimte

Hiponiem:
• aantrekkamer
• babakamer
• badkamer
• hotelkamer
• klaskamer
• kleedkamer
• masjienkamer
• martelkamer
• personeelkamer
• sitkamer
• speelkamer
• slaapkamer
• sonkamer
• spaarkamer
• studeerkamer

Afgelei:
• kamerdeur
• kamertemperatuur
• kamervenster

Vertaling:
Engels: room, chamber
Nederlands: kamer

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: romanse
Volgende onderwerp: onkundiges
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jul 07 01:07:22 MGT 2024