Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » doof
doof [boodskap #127905] Vr, 04 Oktober 2019 04:40
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
doof
Afbreking: doof
Uitspraak: /dʊəf/


Byvoeglike naamwoord: doof
Vergrotende trap: dower
Oortreffende trap: doofste
Attributief: dowe
Intensief: stokdoof, potdoof, kwarteldoof

Betekenis:
• Nie goed kan hoor nie of glad nie kan hoor nie.
• (figuurlik) Nie luister nie.

Gebruik:
• Die man is doof en kan nie hoor wat jy vir hom sê nie.
• Hy het hom doof gehou toe sy ma begin werk uitdeel.

Spreekwoord:
• Horende doof en siende blind. [Niks wil hoor of sien nie.]

Vergelyking:
• So doof soos 'n kwartel.

Sinoniem:
• hardhorend
• gehoorgestremd

Antoniem:
• horend

Afgelei:
• doofblind
• doofstom
• doofheid
• dowerig

Vertaling:
Engels: deaf, hard of hearing
Nederlands: doof


Werkwoord: doof
Verlede tyd: het gedoof

Betekenis:
• 'n Vuur blus; vlam uitsit.

Gebruik:
• Die brandweerman doof die vuur vinnig uit.

Sinoniem:
• uitdoof

Antoniem:
• aansteek

Afgelei:
• doofpot

Vertaling:
Engels: to extinguish
Nederlands: doven

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: paranoïes
Volgende onderwerp: romanse
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jul 07 00:48:28 MGT 2024