Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » eerlik
eerlik [boodskap #127896] Di, 01 Oktober 2019 06:31
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
eerlik
Afbreking: eer•lik


Byvoeglike naamwoord: eerlik
Vergrotende trap: eerliker
Oortreffende trap: eerlikste
Attributief: eerlike
Intensief: doodeerlik

Betekenis:
• Vry van leuens, diefstal en bedrog.
• Op 'n gepaste, eervolle wyse; opreg; eerbaar.

Gebruik:
• Wees altyd eerlik en vertel die waarheid!
• Ek het 'n eerlike gewete.

Spreekwoord:
• Hy is so eerlik as wat die dag lank is. [Volkome eerlik wees.]
Eerlik het 'n os geslag. [Spottend gesê van 'n skynheilige wat betrap word.]

Sinoniem:
• opreg
• waarheidsgetrou

Antoniem:
• oneerlik
• bedrieglik

Afgelei:
• eerlikheid

Vertaling:
Engels: honest, uprigh, honourable; fair, just, square
Nederlands: eerlijk

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: passasier
Volgende onderwerp: donga
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jul 07 00:27:41 MGT 2024