Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » passasier
passasier [boodskap #127895] Ma, 30 September 2019 20:19
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
passasier
Afbreking: pas•sa•sier


Selfstandige naamwoord: passasier
Meervoud: passasiers
Verkleinwoord: passasiertjie
Meervoud van verkleining: passasiertjies

Betekenis:
• Persoon wat in 'n voertuig ry of vlieg, maar nie die bestuurder is nie. Iemand wat teen betaling al dan nie in 'n voer-, vaar- of vliegtuig reis.

Gebruik:
• Die passasier het in die koets geklim, die drywer het sy sweep gekap en die perde het stadig begin aanstap.

Hiponiem:
• buspassasier
• dagpassasier
• dekpassasier
• medepassasier
• kajuitspassasier
• staanpassasier
• treinpassasier
• tussendekpassasier

Afgelei:
• passasiersboot
• passasiersdeur
• passasiersdiens
• passasiersgoed
• passasiersitplek
• passasierskant
• passasierslys
• passasiersmotor
• passasiersruim
• passasierskip
• passasierstrein
• passasiersverkeer
• passasiersvliegtuig
• passasierswa

Vertaling:
Engels: passenger
Nederlands: passagier

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: genaakbaar
Volgende onderwerp: eerlik
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jul 07 00:50:30 MGT 2024