Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » dokter
dokter [boodskap #127892] Ma, 30 September 2019 06:34
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die dokter, 1919.
Die dokter, 1919.
dokter
Afbreking: dok•ter
Uitspraak: /ˈdɔk.tər/


Selfstandige naamwoord: dokter
Meervoud: dokters
Verkleinwoord: doktertjie
Meervoud van verkleining: doktertjies

Betekenis:
• Iemand wat siek mense behandel en gesond maak.

Gebruik:
• Jy moet 'n dokter gaan sien.

Sinoniem:
• arts
• geneesheer
• medikus

Afgelei:
• kopdokter
• snydokter

Homofoon:
• doktor (iemand wat die hoogste akademiese graad verwerf het)

Afkorting:
• dr.

Vertaling:
Engels: doctor, physician
Nederlands: dokter


Werkwoord: dokter
Verlede tyd: het gedokter

Betekenis:
• Medies behandel of help om gesond te word.

Gebruik:
• Jy kan sy ipekonders met kasterolie dokter.

Vertaling:
Engels: to doctor, nurse, treat
Nederlands: dokteren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: dof
Volgende onderwerp: septer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jul 07 00:17:46 MGT 2024