Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » dik
dik [boodskap #127887] So, 29 September 2019 18:43
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
dik
Afbreking: dik


Byvoeglike naamwoord: dik
Vergrotende trap: dikker
Oortreffende trap: dikste
Attributief: dik, dikke
Intensief: knubbeldik, knippeldik, knuppeldik, trommeldik

Betekenis:
• Met 'n relatiewe groot dwarssnit; nie dun nie.
• Vet wees; nie skraal nie; lywig; geset.
• Opgeswel of opgehewe.
• Met die genoemde dwarssnit; diepte tussen die twee kante.
• Geheg; naby aan mekaar.
• Nie maklik deurdringbaar nie.
• Nie waterig of loperig nie; nie vloeibaar nie maar styf.
• Oorversadig; lekker of te veel geëet.

Gebruik:
• Hy het dik arms. Dit is 'n dik woordeboek.
• Daardie meisie is regtig te dik. Die dik man is die kok.
• Sy oë is dik van die slaap. Sy voet is dik geswel.
• Die wurm is een vinger dik.
• Hulle is dik vriende!
• Die mis was dik.
• Die sop is te dik.
• Ek is nou dik en oorbediend.

Spreekwoord:
• Deur dik en dun by hom staan. [In alle omstandighede.]
• Dis darem te dik vir 'n daalder. [Dis te erg / duur.]
• Hy het 'n dik nek. [Hy is hoogmoedig.]
• Hy het 'n dik vel. [Ongevoelig wees.]
• Hy maak sy stem dik. [Hard, waarskuwend praat.]
• Hy sit met 'n dik bek. [Ontevrede en nukkerig.]
• Jy maak die pap te dik aan. [Iets oordryf.]
• Sy is dik vir my. [Sy is kwaad vir my.]
• 'n Dik boom met 'n klein byltjie kap. [Met onvoldoende toerusting 'n groot taak aanpak.]
• Van dik hout saag 'n mens planke. [Met oorgenoeg middele kan 'n mens kwistig te werk gaan.]
• As die kat dik is, smaak die muis bitter. [As iemand genoeg geëet het, smaak die kos nie meer lekker nie.]
• As die pap dik is, brand dit aan. [As 'n persoon te veel met ander omgaan, kom daar kwaaivriendskap.]
• As die jakkals dik is, is die druiwe suur. [As 'n mens genoeg geëet het, smaak die kos nie meer lekker nie.]

Antoniem:
• dun

Afgelei:
• dikbek
• dikderm
• dikgevreet
• dikgat

Vertaling:
Engels: thick, bulky; fat, obese; swollen, stuffed; dense, viscous
Nederlands: dik

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: dig
Volgende onderwerp: histologie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jul 07 00:43:27 MGT 2024