Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » dans
dans [boodskap #127870] Sa, 28 September 2019 11:13
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Paartjie wat dans.
'n Paartjie wat dans.
dans
Afbreking: dans


Selfstandige naamwoord: dans
Meervoud: danse
Verkleinwoord: dansie
Meervoud van verkleining: dansies

Betekenis:
• Sierlike en ritmiese bewegings op die maat van musiek.
• Geleentheid waar mense op die maat van musiek beweeg.

Gebruik:
• Die moderne dans gryp terug na primitiewe beginsels.
• Ons is 'n die dans genooi.

Afgelei:
• dansbaan
• dansmaat
• danspartytjie
• dansvloer

Vertaling:
Engels: dance
Nederlands: dans


Werkwoord: dans
Verlede tyd: het gedans

Betekenis:
• Sierlik en ritmies beweeg, gewoonlik op die maat van musiek.

Gebruik:
• Sal jy met my dans?
• Hulle het die hele nag deur gedans.

Spreekwoord:
• Die poppe gaan dans. [Daar kom moeilikheid.]
• Hy dans na haar pype. [Hy doen alles wat sy wil hê.]
• Te dom om voor die duiwel te dans. [Baie dom wees.]
• Iemand die horrelpyp laat dans. [Iemand 'n pak slae gee.]
• Vir geld kan 'n mens die duiwel laat dans. [Met geld kan 'n mens enigiets doen.]

Vertaling:
Engels: to dance
Nederlands: dansen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: dankbaar
Volgende onderwerp: dapper
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jul 07 00:59:02 MGT 2024