Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » dank
dank [boodskap #127868] Sa, 28 September 2019 09:45
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
dank
Afbreking: dank


Werkwoord: dank
Verlede tyd: het gedank

Betekenis:
• Dankie sê vir iets; iemand bedank; dankbaarheid betuig.
• Bid; 'n gebed doen.

Gebruik:
• Sy dank almal vir hulle goedhartigheid. Die spreker dank die gehoor vir hul aandag.
• Ons dank die Here voor elke maal.

Vertaling:
Engels: to thank
Nederlands: danken


Selfstandige naamwoord: dank
Meervoud:
Verkleinwoord: dankie
Meervoud van verkleining: dankies

Betekenis:
• 'n Betuiging van waardering; 'n goeie gesindheid betoon jeens iemand wat jou gehelp het.

Gebruik:
• Hy bewys sy dank met 'n bos blomme.

Spreekwoord:
• Teen wil en dank. [Teen jou sin.]
• Hy kry stank vir dank. [Ondank in plaas van dank ontvang vir iets goeds wat 'n mens gedoen het.]

Afgelei:
• dank-dag

Vertaling:
Engels: gratitude, thanks, acknowledgment
Nederlands: dank

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: skadelik
Volgende onderwerp: dankbaar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jul 07 01:30:10 MGT 2024