Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » dak
dak [boodskap #127861] Sa, 28 September 2019 08:09
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Dak wat met fotovoltaïese sonpanele bedek is.
'n Dak wat met fotovoltaïese sonpanele bedek is.
dak
Afbreking: dak
Uitspraak: /dak/


Selfstandige naamwoord: dak
Meervoud: dakke
Verkleinwoord: dakkie
Meervoud van verkleining: dakkies

Betekenis:
• Die boonste deel (bedekking) van 'n gebou wat beskerming teen die weer bied.

Gebruik:
• Die wind was so sterk dat die huis se dak amper afgewaai het.

Spreekwoord:
• Lepel in die dak steek. [Doodgaan.]
• Hulle sit onder een dak. [Hulle het dieselfde belange.]
• Iemand onder dak bring. [Iemand van huisvesting voorsien.]
• Hy maak dak nat. [By die bou van 'n huis, die werksmense trakteer sodra die eerste kap opgestel is.]

Hiponiem:
• afdak
• grasdak
• koepeldak
• rietdak
• sinkdak
• teëldak

Afgelei:
• dakloos

Vertaling:
Engels: roof
Nederlands: dak

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: dagboek
Volgende onderwerp: dam
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jul 07 01:03:35 MGT 2024