Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » onnosel
onnosel [boodskap #127859] Vr, 27 September 2019 18:25
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
onnosel
Afbreking: on•no•sel


Byvoeglike naamwoord: onnosel
Vergrotende trap: onnoseler
Oortreffende trap: onnoselste
Attributief: onnosele
Intensief: domonnosel, kliponnosel, stomonnosel

Betekenis:
• Dom; sonder kennis of insig.
• Naïef; liggelowig.
• Dwaas; onverstandig.

Gebruik:
• 'n Onderwyser het my laat glo ek is te onnosel om wiskunde te verstaan.
• Die meeste mense is te onnosel om die onnoselheid van die regerende party te verstaan.
• Jy sal onnosel wees om nie jou navorsing met ander te deel nie.

Afgelei:
• onnoselheid

Vertaling:
Engels: stupid, silly, simple; gullible; foolish
Nederlands: onnozel

Nota:
• Aanvanklik het "onnosel" bloot onskuldig beteken - afgelei van die voorvoegsel on- ("nie") +‎ die Middelnederlandse woord nosel ("gevaarlik").

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: donder
Volgende onderwerp: dagboek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jul 07 00:37:06 MGT 2024