Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » donder
donder [boodskap #127858] Vr, 27 September 2019 17:43
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Donderweer oor die Eiffeltoring in Parys.
Donderweer oor die Eiffeltoring in Parys.
donder
Afbreking: don•der


Selfstandige naamwoord: donder
Meervoud: donders
Verkleinwoord: dondertjie
Meervoud van verkleining: dondertjies

Betekenis:
• (meteorologie) Die knal van weerlig wat met onweer gepaard gaan; die dreuning wat op weerlig volg of wat daaraan herinner.
• (pejoratief) Skelwoord vir 'n persoon (soos 'n sukkelaar of skelm).

Gebruik:
• Hy is bang vir die donder. Sy gooi komberse oor die spieëls as die donder dreig.
• Die arme donder weet ook nie wat hy doen nie.

Wisselvorm:
• donner

Afgelei:
• donderbui
• donderwolk
• donderslag
• donderstraal
• donderbuis

Vertaling:
Engels: thunder
Nederlands: donder
Xhosa: duduma


Werkwoord: donder
Verlede tyd: het gedonder
Teenwoordige deelwoord: donderende

Betekenis:
• (meteorologie) Die knal van weerlig of 'n harde klank wat daaraan herinner.
• (pejoratief) Slaan; tref; val.

Gebruik:
• Dit donder in die verte. Die korporaal donder bevele uit.
• Hy struikel en donder met 'n groot lawaai van die trappe af.

Afgelei:
• opdonder
• wegdonder
• bedonder

Vertaling:
Engels: to thunder; to plummet, tumble
Nederlands: donderen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: hongersnood
Volgende onderwerp: onnosel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jul 07 01:26:40 MGT 2024