Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » rok
rok [boodskap #127852] Vr, 27 September 2019 06:37
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Vrou in 'n somerrok.
'n Vrou in 'n somerrok.
rok
Afbreking: rok
Uitspraak: /rɔk/


Selfstandige naamwoord: rok
Meervoud: rokke
Verkleinwoord: rokkie
Meervoud van verkleining: rokkies

Betekenis:
• 'n Kledingstuk, hoofsaaklik vir vroue, wat die skouers tot 'n deel van die bene bedek.

Gebruik:
• Andries het homself in sy suster se rok en kappie vermom.

Spreekwoord:
• Die hemp is nader as die rok. ['n Mens moet eers aan eie familie en vriende hulp verleen en dan aan ander.]

Afgelei:
• aandrok
• dineerok
• minirok
• skoolrok
• trourok

Vertaling:
Engels: skirt, dress, gown
Nederlands: jurk, kleed
Sotho: roko
Xhosa: ilokhwe

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: paspoort
Volgende onderwerp: fabriek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jul 07 00:47:59 MGT 2024