Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » daarby
daarby [boodskap #127845] Do, 26 September 2019 06:01
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
daarby
Afbreking: daar•by
Samestelling: daar (v.nw.) + by (voors.)


Voornaamwoord: daarby

Betekenis:
• By iets of iemand; by dit; by die.
• Dui nog iets ekstra (meer) aan; en verder.

Gebruik:
• As die pap te dik is, gooi water daarby.
• Sy is mooi en dan is sy nog slim daarby ook.

Spreekwoord:
• Ek vind aanklank daarby. ['n Positiewe ervaring van iets hê.]
• Vra is vry en weier daarby. [Iemand kan enigiets vra, maar dis nie te sê dat hy dit sal kry nie.]
• As iemand jou prosedeer vir jou koei, gee die kalf daarby. [As iemand hof toe gaan, ly hy skade, al wen hy die saak.]

Verwant:
• daaraan
• daardeur
• daardie
• daarheen
• daarin
• daarmee
• daarna
• daarom
• daaroor
• daarop
• daarvan
• daarvoor

Vertaling:
Engels: thereby, with that; in addition, besides
Nederlands: daarbij

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: beraam
Volgende onderwerp: daardeur
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jul 07 01:04:28 MGT 2024