Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » daad
daad [boodskap #127829] Di, 24 September 2019 07:28
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
daad
Afbreking: daad


Selfstandige naamwoord: daad
Meervoud: dade
Verkleinwoord: daadjie
Meervoud van verkleining: daadjies

Betekenis:
• Iets wat 'n mens doen; 'n bewustelik gepleegde handeling.

Gebruik:
• Ek het my goeie daad vir die dag verrig.

Spreekwoord:
• Die daad by die woord voeg. [Dadelik optree.]
• Met raad en daad bystaan. [Alle moontlike hulp verleen.]
• Geen daad of raad weet nie. [Nie weet wat om te doen of te sê nie.]
• Hy is op heter daad betrap. [Hy is gevang terwyl hy die misdaad gepleeg het.]
• Die wil vir die daad neem. [Gesê wanneer iemand gewillig was om iets te doen, maar verhinder is.]

Hiponiem:
• euweldaad
• gruweldaad
• heldedaad
• misdaad
• liefdesdaad
• oorlogsdaad
• seksdaad
• skanddaad
• wandaad
• weldaad

Afgelei:
• daadkragtig
• daadwerklik

Vertaling:
Engels: deed, action, act
Nederlands: daad

Nota:
• Die woord is 'n palindroom.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: CD-speler
Volgende onderwerp: aardwolf
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jul 07 00:59:59 MGT 2024