Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » byt
byt [boodskap #127825] Ma, 23 September 2019 19:24
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Atleet wat op sy medalje byt.
'n Atleet wat op sy medalje byt.
byt
Afbreking: byt
Uitspraak: /bɛit/


Werkwoord: byt
Verlede tyd: het gebyt
Teenwoordige deelwoord: bytende

Betekenis:
• Met die tande gryp; tussen die kake vasklem.

Gebruik:
• Die hond byt sy baas.

Spreekwoord:
• Hy byt in die stof. [Verloor, sneuwel.]
• Wat byt jou? [Waarom is jy so nukkerig?]
• Hy byt in die gras. [Hy val of sneuwel.]
• Hy wou nie byt nie. [Hy wou nie saamstem nie.]
• Dooie honde byt nie. [Die dooies is onskadelik.]
• Hy byt die spit af. [Die moeilikste of gevaarlikste werk verrig.]
• Sy blaf is erger as sy byt. [Hy dreig meer as wat hy werklik doen.]
• Hy blaf harder as wat hy byt. [Hy voer nie sy dreigemente uit nie.]
• Blaffende honde byt nie. [Wie dreig of raas, hoef 'n mens nie te vrees nie.]
• Dit help nie om te blaf as jy nie kan byt nie. [Moenie leë dreigemente maak nie.]
• As bobbejaan sy stert verbrand, byt hy sy baas. [As iemand 'n fout begaan of homself skade aandoen, blameer hy dikwels iemand anders daarvoor.]

Vertaling:
Engels: to bite
Nederlands: bijten


Selfstandige naamwoord: byt
Meervoud: byte
Verkleinwoord: bytjie
Meervoud van verkleining: bytjies

Betekenis:
• Die wond of merk wat deur tande (of kake) gelaat is.

Gebruik:
• 'n Spinnekop se byt kan gevaarlik wees.

Afgelei:
• bytwond

Vertaling:
Engels: bite
Nederlands: beet, bijt

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bymekaar
Volgende onderwerp: byvoeglik
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jul 07 00:34:42 MGT 2024