Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » byl
byl [boodskap #127823] Ma, 23 September 2019 18:45
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Strydbyl.
'n Strydbyl.
byl
Afbreking: byl


Selfstandige naamwoord: byl
Meervoud: byle
Verkleinwoord: byltjie
Meervoud van verkleining: byltjies

Betekenis:
• Werktuig waarmee gekap word, bestaande uit 'n steel met 'n skerpgemaakte stuk metaal vooraan.

Gebruik:
• 'n Houtkapper gebruik 'n byl om die bome af te kap.

Spreekwoord:
• Die byl lê ook al teen die wortel van die boom. [Iemand se straf is naby.]
• Agter die kap van die byl kom. [Iets agterkom; uitvind hoe iets inmekaarsteek.]

Meroniem:
• bylblad
• bylsteel

Hiponiem:
• strydbyl
• vleisbyl

Vertaling:
Engels: axe, hatchet, chopper
Nederlands: bijl

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: lawine
Volgende onderwerp: bymekaar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jul 07 00:22:01 MGT 2024