Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » bul
bul [boodskap #127813] Ma, 23 September 2019 06:54
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Volwasse beesbul.
'n Volwasse beesbul.
bul
Afbreking: bul


Selfstandige naamwoord: bul
Meervoud: bulle
Verkleinwoord: bulletjie
Meervoud van verkleining: bulletjies

Betekenis:
• 'n Manlike bees, of die manlike dier van sekere soogdiere en seesoogdiere, soos by walvisse, olifante, koedoes en elande.

Gebruik:
• 'n Swak bul is die duurste artikel wat 'n beesboer kan koop.

Spreekwoord:
• Die bul by die horings pak. [Iets moeiliks dadelik aanpak.]
• Dis soos 'n rooi lap voor 'n bul. [Iets wat iemand briesend maak.]
• Hy is soos 'n bul in 'n glaskas. [Ontuis en ongemaklik wees.]
• Nou is dit bul teen bul. [Nou word daar 'n kwaai stryd gevoer.]

Antoniem:
• koei

Afgelei:
• stoetbul
• versbul

Vertaling:
Engels: bull
Nederlands: sier, bul

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: buk
Volgende onderwerp: bure
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jul 07 01:25:03 MGT 2024