Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » buig
buig [boodskap #127809] So, 22 September 2019 16:51
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Persoon wat vorentoe buig.
'n Persoon wat vorentoe buig.
buig
Afbreking: buig
Uitspraak: /bœi̯χ/


Werkwoord: buig
Verlede tyd: het gebuig
Teenwoordige deelwoord: buigende
Verlede deelwoord: geboë

Betekenis:
• Deur druk tot 'n boog vorm; krom maak of word.
• Iets wat krommend vervorm is.
• Die kop en skouers vorentoe laat sak; 'n buiging maak.
• (figuurlik) Onderdanig toegee; jou onderwerp.

Gebruik:
• Die pyp sal breek as jy hom so buig.
• Van daar af buig die rivier na regs.
• Hy buig omlaag toe hy die koningin ontmoet.
• Ná daar optrede buig sy vir die gehoor.
• Menige wat nie die knie wou buig nie, is na Engeland in gevangenis gestuur.

Spreekwoord:
Buig of bars. [Ten alle koste iets doen.]
• Hy moet die knie buig. [Die stryd gewonne gee.]
• Voor Baäl die knie buig. [Afvallig word; die ware leer versaak.]
• Wat nie buig nie, moet breek. [Wie nie wil toegee nie, moet die gevolge dra.]
Buig die boompie solank hy jonk is. [Vorm die kind se karakter terwyl hy nog klein is.]

Afgelei:
• buigbaar
• buighoek
• buiging
• buigkrag
• buigsaam
• buigstuk
• buigyster

Vertaling:
Engels: to bend; to curve; to bow; to submit
Nederlands: buigen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: brul
Volgende onderwerp: palet
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jul 07 00:59:16 MGT 2024