Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » brul
brul [boodskap #127808] So, 22 September 2019 16:15
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Brullende leeu.
'n Brullende leeu.
brul
Afbreking: brul


Werkwoord: brul
Verlede tyd: het gebrul

Betekenis:
• 'n Harde geluid met 'n lae frekwensie maak, soos die van 'n leeu.
• Hard lag of skree.

Gebruik:
• Êrens brul 'n leeu in die donker nag.
• Sy brul soos sy lag. Die kaptein brul vir die matrose om die seile te laat sak.

Antoniem:
• krys

Vertaling:
Engels: to roar, bellow; to bellow, howl
Nederlands: brullen


Selfstandige naamwoord: brul
Meervoud: brulle
Verkleinwoord: brulletjie
Meervoud van verkleining: brulletjies

Betekenis:
• 'n Geluid soos wat 'n leeu of tier maak.

Gebruik:
• Die leeu hoef net een brul te gee om die ander aasdiere te verjaag.

Vertaling:
Engels: roar, bellow
Nederlands: brul

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bruidegom
Volgende onderwerp: buig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jul 07 00:30:18 MGT 2024