Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » bruid
bruid [boodskap #127806] So, 22 September 2019 15:47
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Bruid met haar strooimeisies.
'n Bruid met haar strooimeisies.
bruid
Afbreking: bruid


Selfstandige naamwoord: bruid
Meervoud: bruide
Verkleinwoord: bruidjie
Meervoud van verkleining: bruidjies

Betekenis:
• 'n Vrou op die dag van haar troue; vroulike persoon wat in die huwelik tree.

Gebruik:
• Sy was 'n stralende bruid op die pragtige dag van haar lewe.
• Die bruid se pa begelei haar in die kerk in en oorhandig haar aan die bruidegom.

Spreekwoord:
• Die bruid is in die skuit, nou is die mooipraatjies uit. [Na die huwelik hou die komplimente op.]

Antoniem:
• bruidegom

Hiponiem:
• oorlogsbruid

Afgelei:
• bruidsblom
• bruidspaar
• bruidsjonker (strooijonker)
• bruidsmeisie (strooimeisie)

Vertaling:
Engels: bride
Nederlands: bruid

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: brûe
Volgende onderwerp: bruidegom
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jul 07 01:29:46 MGT 2024