Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » broek
broek [boodskap #127802] So, 22 September 2019 09:22
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Broek.
'n Broek.
broek
Afbreking: broek
Uitspraak: /bruk/


Selfstandige naamwoord: broek
Meervoud: broeke
Verkleinwoord: broekie
Meervoud van verkleining: broekies

Betekenis:
• Kledingstuk wat 'n mens oor die onderlyf dra, tipies met twee pype waardeur die bene steek.

Gebruik:
• Watter broek gaan jy aantrek, die kortbroek of die langbroek?

Spreekwoord:
• Sy dra die broek. [Sy is baasspelerig.]
• Baie broek, bietjie man. [Grootprater.]
• Sy hart sit in sy broek. [Hy is bang, lafhartig.]
• 'n Vlooi in die broek hê. [Nie kan stilsit nie.]
• Ek gaan sy broek afstof. [Ek gaan hom 'n pak slae gee.]
• Ek voel dit aan my broek se naat. [Ek is seker daarvan.]
• Hy sal sy broek uittrek vir iemand. [Hy is baie goedhartig.]
• Hy is te lig in die broek. [Hy is nie opgewasse vir die taak nie.]
• Dit sit nie in sy broek nie. [Hy is nie in staat om dit te doen nie.]
• Hy eet die aartappels met broek en baadjie. [Met die skil; net soos dit is.]
• Prosedeer oor 'n baadjie - en hou jou broek klaar vir onkoste. [Wie hof toe gaan, moet hoë koste aangaan, al verloor of wen hy die saak.]

Hiponiem:
• denimbroek
• langbroek
• kardoesbroek
• kortbroek
• mansbroek
• onderbroek
• seunsbroek

Afgelei:
• broekspyp

Vertaling:
Engels: pants, pair of trousers, drawers
Nederlands: broek

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bril
Volgende onderwerp: vaaksug
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jul 07 01:27:15 MGT 2024