Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » breed
breed [boodskap #127798] So, 22 September 2019 08:12
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
breed
Afbreking: breed
Uitspraak: /brɪə̯t/


Byvoeglike naamwoord: breed
Vergrotende trap: breër
Oortreffende trap: breedste
Attributief: breë
Partitief: breeds
Intensief: hemelsbreed

Betekenis:
• Met 'n groot afmeting in die sydelingse rigting; ruim in wydte; dwars uitgestrek.
• By 'n reghoek, die lengte van die kort sye.
• Welvarend wees.

Gebruik:
• Die kar is nogal breed.
• Die gebou is 12 meter lank, 8 meter breed en 5 meter hoog.
• Hulle het dit nie so breed nie.

Spreekwoord:
• Hulle het dit nie breed nie. [Hulle is arm.]
• Dis so lank as wat dit breed is. [Dit maak geen verskil nie.]
• Wie dit breed het, kan dit breed uithang. [Wie genoeg geld het, kan luuks lewe.]

Sinoniem:
• wyd

Antoniem:
• smal

Vertaling:
Engels: wide, broad, large
Nederlands: breed
Xhosa: banzi

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: brand
Volgende onderwerp: brei
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jul 07 01:00:22 MGT 2024