Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » brand
brand [boodskap #127797] So, 22 September 2019 06:46
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Brandweerman wat 'n brand bestry.
'n Brandweerman wat 'n brand bestry.
brand
Afbreking: brand
Uitspraak: /brant/


Selfstandige naamwoord: brand
Meervoud: brande
Verkleinwoord: brandjie
Meervoud van verkleining: brandjies

Betekenis:
• 'n Vuur wat dinge vernietig.
• Gras wat afgebrand is.

Gebruik:
• 'n Brand het uitgebreek en die plantasie vernietig.
• Die koeie loop in die brand.

Spreekwoord:
• Moord en brand skree. [Baie lawaai maak oor iets.]
• Die koeie het in die brand geloop. [Gesê as die koffie sonder melk bedien word.]

Sinoniem:
• vuur

Afgelei:
• afbrand
• bosbrand
• brandbestryding
• brandplek
• brandslang
• brandskade
• uitbrand
• voorbrand
• brandstapel
• brandweer
• brandwond

Vertaling:
Engels: fire; burnt patch of veld
Nederlands: brand


Werkwoord: brand
Verlede tyd: het gebrand
Teenwoordige deelwoord: brandende
Verlede deelwoord: gebrande

Betekenis:
• In vlamme staan; deur vuur verteer word.
• Te veel hitte laat kry.
• Lig gee of warm maak.
• Seerkry deur aan iets warms te raak; verwonding deur hoë temperatuur.
• Seer raak van te lank in die son lê.
• Baie graag iets wil doen of sê.
• (rekenaarwetenskap) 'n CD of DVD skryf.

Gebruik:
• Kom help, die plaas se skuur brand.
• Jy brand die vleis.
• Die kers brand die hele nag deur.
• Sy het aan die pan geraak en erg gebrand.
• As jy nie sonbrandolie aansmeer nie gaan jy brand.
• Hy brand om sy pa van die petalje te vertel.
Brand vir my 'n DVD van die fliek.

Spreekwoord:
• Die geld brand in sy sak. [Hy is spandabelrig.]
• Sy akkers brand. [Hy is in die moeilikheid.]
• Iemand se ore brand. [Daar word van iemand gepraat.]
• Die kers aan twee kante brand. [Verkwistend te werk gaan met jou kragte.]
• Waar 'n rokie is, moet 'n vuurtjie brand. ['n Skinderpraatjie, hoe oordrewe ook al, bevat gewoonlik 'n bietjie waarheid.]
• As die pap dik is, brand dit aan. [As 'n persoon te veel met ander omgaan, kom daar kwaaivriendskap.]

Vergelyking:
brand soos 'n kool vuur

Vertaling:
Engels: to burn; dying to
Nederlands: branden

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: braille
Volgende onderwerp: breed
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jul 07 01:13:19 MGT 2024