Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » braai
braai [boodskap #127795] So, 22 September 2019 06:10
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Vleis word gebraai.
Vleis word gebraai.
braai
Afbreking: braai
Uitspraak: /brɑːi/


Werkwoord: braai
Verlede tyd: het gebraai
Teenwoordige deelwoord: braaiende
Verlede deelwoord: gebraaide

Betekenis:
• Kos met droë hitte gaarmaak, soos met vleis op 'n rooster of braaier oor warm kole.
• Kos voorberei deur dit in olie of vet te verhit.
• (figuurlik) Baie warm kry.

Gebruik:
• Hy gaan op Braaidag 'n vuurtjie aansteek en 'n vleisie braai.
• Sy braai die uie in 'n pan.
• Ons gaan die somer behoorlik braai van die hitte.

Spreekwoord:
• Die botter sal braai. [Die onreg sal bekend word.]
• Jou kaiings sal braai. [Jy sal nog boet vir jou oortredings.]
• Jou kierang sal braai. [Die oneerlikheid sal vorendag kom.]
• Jou vet sal braai. [Jou gemeenheid sal gestraf word.]
• Laat braai hom in sy eie vet. [Hom aan sy lot oorlaat.]
• Vleis braai voor jy die bok skiet. [Op iets staatmaak voor jy daar sekerheid oor het.]

Afgelei:
• braaivleis
• braaibrood
• braaikoning
• braaikuiken
• spitbraai
• braaipan
• braaitang

Vertaling:
Engels: to barbeque, broil; to roast, fry; scorching
Nederlands: barbecueën; braden


Selfstandige naamwoord: braai
Meervoud: braaie
Verkleinwoord: braaitjie
Meervoud van verkleining: braaitjies

Betekenis:
• Geselligheid waartydens vleis op 'n rooster of braaier oor kole gaarmaak word.
• Toestel waarop gebraai word; 'n braaier.

Gebruik:
• Hoe laat moet ons daar wees vir die braai?
• Maak die braai skoon voor jy die vleis opsit.

Vertaling:
Engels: braai, grill
Nederlands: braai, barbecue

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sondeloos
Volgende onderwerp: braille
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jul 07 01:07:25 MGT 2024